Jonas Salk | |
Jonas Salk in 1988
| |
Geboortenaam | Jonas Edward Salk |
---|---|
Gebore | 28 Oktober 1914 New York Stad, New York |
Oorlede | 23 Junie 1995 (op 80) La Jolla, Kalifornië |
Blyplek | New York Stad, New York Pittsburgh, Pennsilvanië La Jolla, Kalifornië |
Nasionaliteit | Verenigde State |
Vakgebied | Mediese navorsing, virologie en epidemiologie |
Instelling(s) | Universiteit van Pittsburgh Salk-instituut Universiteit van Michigan |
Alma mater | Stad-kollege van New York New York-universiteit Universiteit van Michigan |
Doktorale promotor(s) | Thomas Francis, Jr. |
Bekend vir | eerste polio-entstof |
Toekennings | Lasker-prys (1956) |
Handtekening |
Jonas Edward Salk (gebore 28 Oktober 1914 in New York Stad - oorlede 23 Junie 1995 in La Jolla, Kalifornië) is een van die twintigste eeu se mees vereerde wetenskaplikes. Hy is bekend as die ontdekker van die eerste suksesvolle entstof teen die poliomiëlitis virus. En omdat hierdie ontdekking juis kinders se lot verlig het, was hy onmiddellik beroemd.
Teen die laat vyftigs het 'n ander wetenskaplike, Albert Sabin, 'n entstof ontwikkel wat oraal geneem kon word. Dit is suksesvol getoets en het die populariteit van die Salk-inenting laat afneem.
Die Sabin-entstof is gemaak van 'n aktiewe virus wat die kanse op infeksie baie vergroot het. Ten spyte hiervan het die Sabin-entstof teen die einde van die 1960's die primêre entstof teen polio in die VSA geword. Toe daar in 1970 weer nuwe gevalle van polio aangemeld word, het baie lande weer die Salk-entstof begin gebruik.
Gedurende die sestigs het Salk as direkteur van die Salk Instituut vir Biologiese Studies navorsing gedoen op kanker en veelvuldige sklerose. Hy het ook in die tagtigerjare die polio-entstof verbeter tot 'n enkeldosis wat lewenslange immuniteit verleen. Vanaf 1988 het Salk hom toegespits op navorsing oor die MIV.
Alhoewel Salk nie belangrike akademiese toekennings gekry het nie, het hy erkenning gekry vir sy bydrae tot wêreldvrede. Hy het onder meer die Presidensiële Medalje vir Vryheid, die Jehan Sadat Vryheidstoekenning en die Nehru Award for International Understanding ontvang. Hy is in 1999 deur die tydskrif Time aangewys as een van die 20 invloedrykste wetenskaplikes van die twintigste eeu.